AKTIWITEITE
Of dit nou 'n dag van hengel in die kalm rimpelings van 'n dam is, of vlieërseil (paragliding) oor die sagte voue van die landskap, Wagenbietjieshoek het vir elkeen 'n aktiwiteit.
Die landgoed is besonder trots op sy aandeel in die bewaring van historiese artefakte van die streek ek ook op sy inheemse woude, graslande en wildlewe. Dit verseker dat die landgoed se natuurlike omgewing 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers is.
- 50km se staproetes langs historiese roetes, met oornagfasiliteite .
- Bergfietse
- Oorvloedige voëllewe
- Verskeie bokspesies
- Dam- en rivier visvang
- 'n Aktiewe plaaswerf met aktiwiteite vir kinders
- Perdryroetes
In die nabye omgewing word 'n verskeidenheid aksie-aktiwiteite aangebied vir die wat jonk van gees is, sowel as vir die ware adrenalienverslaafdes.
- Vierwielmotorfiets roetes vanaf die landgoed
- 4x4 roetes deur asemrowende laaglande en berge
- Rekspronge in Graskop
- Riviervlotvaarte (white water rafting) en Warmlugballon uitstappies in Hazyview
- Rotsklim in Waterval Boven
- Vlieërseil (paragliding) en hangseil (hang-gliding) by Bambi (een van die beste plekke vir hierdie doel in SA)
- Abseil
- Hengel en gemotoriseerde sport op die Kwenadam
- Nabygeleë jagplase
