WELKOM BY WAGENBIETJIESHOEK
Neem 'n paar minute en dink aan die dinge wat werklik vir jou innerlike vrede en kalmte van gees gee. Peins vir 'n oomblik oor die dinge wat jou gedagtes stimuleer en jou siel inspireer.
Wagenbietjieshoek is die toevlugsoord wat jou bogenoemde en veel meer bied, dis 'n hartlike plaasstylbestemming vir mense wat nog onthou hoe hulle as kinders in die veld rondgehardloop het, mense met tyd om blomkranse te vleg. Wagenbietjieshoek is 'n sorgvrye ruimte waar jy kan leer, groei en leef. Dit is 'n plek waar jy die aarde kan voel, die gras kan ruik en die vars lug kan proe.
Geleë in die middel van die Foreldriehoek, bied Wagenbietjieshoek jou geleentheid om jou hedendaagse leefstyl te versoen met vergange jare se eenvoud. Word omring deur die vergesig van wuiwende graslande, toegevou deur die skouspelagtige vallei en berge wat alles ekologies bewaar is vir jou genot. Die landgoed bied 'n sorgelose leefstyl met al die moderne geriewe. 'n Landgoedbestuurder sal aangestel word om te verseker dat Wagenbietjieshoek professioneel bestuur word en jou met 'n ware gevoel van privaatheid en sekuriteit laat. 'n Wye verskeidenheid aktiwiteite, wat wissel van plaas-ervarings tot aktiewe sportsoorte, word aangebied.
Wagenbietjieshoek lê die essensie van 'n plaasstylbestemming vas en is uniek ontwerp met 'n verskeidenheid boustyle en wooneenheidkeuses. Dit bring jou terug aarde toe, stimuleer jou gedagtes en inspireer jou siel.
Wagenbietjieshoek is nagenoeg 240km vanaf beide Pretoria en Johannesburg en is volkome malariavry, wat dit 'n perfekte wegbreekplek vir stadsmense maak. Die manjifieke plaas is geleë in 'n bewaringsgebied wat deel vorm van 'n uitgebreide wild- en grasland bestuursprogram. So word dit as 'n natuurlike toevlugsoord bewaar vir die generasies wat kom.
KWENA BASIN CONSERVANCY SCHOOLS PROJECT
