terug

CENTRAL VILLAGE



Die Central Village is die grootste area in Wagenbietjieshoek en bestaan uit 25 standplase

Hier is die kleindorpse gevoel, met al die betowering van 'n plattelandse dorpie, geskep. Die boustyl van die Central Village sal die verskeie bou-opsies van die omliggende gemeenskappe weerspieël. Al die huise sal of die groot 'voorste' veranda, of 'n veranda reg rondom die huis hê, soos deur die bouregulasies voorgeskryf.

Hierdie boustyle en die doelbewuste posisionering van standplase sal verseker dat die Central Village die tipiese karakter van klein dorpies van vergange se Ou-Transvaal uitstraal. Die Central Village sal ook oor 'n dorp-deli / hoekwinkel beskik en sal dien as die ontmoetings- en verwelkomingspunt vir Wagenbietjieshoek se inwoners op pad na hul opstalle. Huise sal straat toe front, met ruim verandas aan die agterkant wat oor die skilderagtige vallei uitkyk.

  • Plattelandse, kleindorpie-atmosfeer sonder die ergenis van plaaslike regerings en munisipaliteite
  • Die gemeensaamheid van 'n klein dorpie
  • Na aan ontspanningsfasiliteite soos die klubhuis, perdryroetes, deli en swembad
  • Geleë teen die agtergrond van die pragtige bergreeks
  • Ideaal vir gesinne en die wat maklike toegang tot kleindorpse geriewe verlang
  • 'n Keuse van 3 boustyle, naamlik:
    • Contemporary loft living
    • Old English Stone houses
    • Farmstead-style homes:
      • Colonial verandah houses
      • Provincial farm style houses
      • Victorian verandah houses

FOTOGALERY