terug

LAKE HOUSES


Die gemeenskap vorm deel van die Wagenbietjieshoek plaasopstal-gebied en bestaan uit 18 standplase

Hierdie gemeenskap is perfek geleë teen die uitgestrekte graslande wat grens aan die groot vleiland van Wagenbietjieshoek, waar groot inheemse akasiabome 'n sambreel vorm. Dit is ook omring deur verskeie argeologiese ruïnes. Die vleiland en oorvloed van plantegroei lok voëls uniek aan hierdie gedeelte van Wagenbietjieshoek. Verskeie damme bied die visserman eindelose hengelgeleentheid en ideale visvangpunte

Hier is die boustyl sinoniem aan ‘n oop-styl lewe, waar die opstalle letterlik 'n verlenging van die landskap vorm. Ruim verandas skep 'n onbelemmerde vloei tussen die graslande en die Lake Houses.

  • Wagenbietjieshoek dam- en berguitsig
  • Uitsig oor die Kwenadam
  • Graslande, Akasias en inheemse doringbome
  • Ryk voëllewe
  • Ideaal vir gesinne


 
FOTOGALERY