MOUNTAIN RETREAT
Mountain Retreat bied ‘n eksklusiewe geleentheid aan kreatiewe en geinspireerde huiseienaars
Besit een van 5 afgeleë standplase, weggesteek in die heel boonste gedeelte van die Wagenbietjieshoek Landgoed. Hier geld absoluut geen bouregulasies nie, en inspirasie word gevind in aardse elemente. Mountain Retreat bied die geleentheid om jou eie huis te ontwerp, met die enigste beperking - jou eie verbeelding! Hierdie is die toppunt van enige ontwerper se droom en daarom is Mountain Retreat die mees eksklusiewe gemeenskap op die plaas.
Natuurlike strome en rotspoele omring die afgeleë nedersetting, genestel teenaan die heuwels aan die eindpunt van die vallei. Op 'n helder dag kan 'n mens tot by die Long Tom-pas, omtrent 100km verder, sien. Geil graslande bied aan eienaars 'n plek van inspirerende afsondering, met 'n uitsig oor die Wagenbietjieshoek Landgoed en omliggende Kwena Basin areas.
Van al die gemeenskappe in die Wagenbietjieshoek Landgoed, het die Mountain Retreat die beste toegang tot die bergwandelroetes en uitsigpunte.
Indien jy op soek is na 'n wegbreekplek wat anders is as enigiets wat jy al ooit teëgekom het, waar jy kan uiting gee aan ongeïnhibeerde argiteksontwerp, waar jy onverbeterlike afsondering kan smaak en omring word deur ongekende, asemrowende uitsigte, dan is Mountain Retreat die elegante, landelike skuilplek vir jou. Waarskynlik die mees eksklusiewe node op die landgoed.
KREATIEWE CARTE BLANCHE
- Slegs 5 afgeleë standplase, weggesteek tussen die majestueuse berge
- Landelike leefstyl en uiting aan ongeïnhibeerde argiteksontwerp op sy beste
- Uitsig oor die Wagenbietjiehoek Landgoed, Kwena Basin, Mauchberg en Long Tom-pas
- Vrye teuels met betrekking tot boustyl
- 'n Ontwerpersdroom
- Natuurlike waterstrome en rotspoele
