WAGENBIETJIES JUNCTION
Wagenbietjies Junction het 10 standplase en is die tweede kleinste gemeenskap op die plaas. Dit is geleë op ‘n ruie, bergagtige terrein en beskik oor asemrowende uitsig.
Die boustyl herinner aan die Victoriaanse era, met die atmosfeer van 'n klein Engelse gemeenskap. Die styl van die huise by Wagenbietjies Junction is soortgelyk aan die by Pelgrimsrust, met unieke broekiekant afwerking en sinkdakke.
Hier word kreatiewe gedagtes ten beste gestimuleer - 'n kunstenaar se droom. Dit is in 'n afgesonderde doodloopstraat geleë, met ononderbroke uitsig oor die veranderende lig van sonsopkoms na sonsondergang, veldblomme, voëls en graslande en skep uitstekende geleenthede vir fotografie en landskapkuns.
- Ruie, bergagtige terrein
- Die tuiste van kreatiewe siele en begeesterde kunstenaars
- 'n Afgesonderde skuilplek teen die berghang
- Prentjiemooi uitsigte oor die hele vallei
- Victoriaanse styl huise met broekiekant afwerkings en sinkdakke
