WORKING FARMSTEAD
Die opstalle van die Working Farmstead, ontwerp rondom tipiese plaaslewe, sal 'n atmosfeer van kontemporêre solder/galery lewe weerspieël. Hierdie gemeenskap nestel rondom 'n ten volle ontwikkelde, produserende plaasopstal. Plaasaktiwiteite, aangevul deur die vrolike klanke van plaasdiere, word ingebou vir outentieke aantrekkingskrag.
Die Working Farmstead bestaan uit 21 standplase, met bouregulasies wat die industriële aard van buitegeboue, skure en silo's op plase verteenwoordig. Moderne materiale soos glas en staal sal aan die huise 'n gevoel van eindelose ruimte verskaf. Dubbel-volume areas as basiese boustyl sal bydra tot die solder/galery leefstyl.
Hierdie gemeenskap is die ideale wegbreekplek vir die hele gesin. Uitgebreide kikuyu grasperke en plaasaktiwiteite maak dit die perfekte bestemming waar kleiner kinders binne 'n veilige, geborge omgewing op ontdekkingstogte kan gaan. Heelwat foreldamme is naby genoeg om die Working Farmstead as uitstekende hengelbestemming te kroon en vir perdeliefhebbers is daar ook stalle in die omtrek.
- Kontemporêre solder/galery styl binne 'n plaasomgewing
- Funksionele, werkende plaasopstal sedert 1970
- Ideaal vir gesinslewe
- Vyf forel- en baars damme vir uitstekende hengelgeleentheid
- Geil inheemse plantegroei
- Plaasdiere en perdestalle
- Vyeboord en ander plantasies
- Wagenbietjieshoek museum
FOTOGALERY
